Saturday, January 21, 2006

Laasnag

laasnag (ontkenning)

vanoggend toe ek opstaan
die deur oopmaak
verblind word deur die skerp sonlig
sien ek in die gangetejie voor my flat
ingetoë
(en taamlik bewoë)
'n dogterjie met trane in haar oë
(het-master-my-ma-gesien? êrens?)
... sy is 'n vreemdeling dink ek
een van die meide se kinders
en stoot die deur weer haastig toe
tas na die panados en lemoensap in my vuil kombuis
tussen daggastompies en halfleë bottels goedkoop wyn
ek wonder wie se bruin lyf lê nog in my bed
maak-nie-saak-nie
want my beursie is leeg
en iets van laasnag se fuifery maal nog soos 'n ou droom deur my kop

* my eerste en enigste anti-apartheidsgedig ooit en dateer uit die vroeë 1990's lank nog voordat ek verstaan het waar die kommas tussen reëls of reëls tussen kommas regtig hoort! Aldus, alle kommas is verwyder sonder enige verder redigering.

"Dan het die oggendstond 'n nasmaak in die mond
van die vorige aand se vangs van mensevlees"

Andries Bezuidenhout (Brixton Moord & Roof Orkes) uit die liedjie Weskusbabbelaas

1 Comments:

Blogger Audrey said...

This poem is outstanding.

(Ek lees dikwels jou gedig “kersfees in Londen”, en elke tyd proe dit al hoe beter. My skade, dat ek my Afrikaans laat staan daar waar my arme Matriek onderwyseres [Sorry Miss!] dit gesit het. Maar nou probeer ek al julle gedigte te lees, met so veel van waarde daarin. Ek het gister Kringe in n Bos gekoop. Moenie lag nie. Ek lees, met my ou skoolwoordeboek hier by my soos ‘n security blanket. Ek was nie klaar om die eerste sentence te lees nie, toe ek die blerry woordeboek moes optel! “Karige”. Wish me luck. Ek soek new improved tweetaaligheid! Vergeef asb my mishandeling van die Taal in the meantime?)

7:31 am  

Post a Comment

<< Home