Thursday, December 01, 2005

Kersfees in Londen

Kersfees in Londen - 2004

Die winter van my ontnugtering is hier.
In Londen waar almal gereed maak om Kersfees te vier.
Net die koorsang (Thomas Tallis) op my oorfone
skans my teen my verlore Eurodrome.
Durf ek jou nog liefhê?
Of gaan my gewete my ontsê?
Waarom klou en nog onverbete aan jou?
Wanneer ek stoksielalleen met veel berou,
onsigbaar,
na Sinterklaas en sy elwe,
en allerlei
fraai opgemaakte geskenke,
deur Hamleys se winkelvenster staar.

"Onder in my whiskey glas is jy nog aan my vas". – Koos Kombuis

2 Comments:

Blogger Audrey said...

uitstekend

7:00 am  
Blogger Eben van Renen said...

Hierdie gedig het my nogal geraak. Woon in Londen self, en is lief vir die Digkuns. Ek hou van die groot verlange - wat gekompliseerd is. Eurodrome wat verroes is... Baie goed, in my beskeie opinie baie in die lyn van Lost In Translation (Bill Murray). Ons is almal weeskinders hier. Ek wonder, miskien gaan ek self so 'n gediggie probeer aanpak. Kyk of ek min of meer dieselfde ding kan se,op 'n ander manier...

8:01 pm  

Post a Comment

<< Home