Eugène Marais ('n Denkbeeldige Vriend?)
Ek het pas Leon Rousseau se merkwaardige biografie oor Eugène Marais gelees. Die Groot Verlange: Die Verhaal van Eugène N. Marais is heruitgegee deur Protea Boekhuis. Vir jare was die skrywer van Winternag en ander bekende Afrikaanse gedigte aan morfien verslaaf. Hy was 'n veelsydige en belese persoon wie mens eintlik intiem leer ken by monde van Rousseau.
Oor biografieë skryf John Armstrong (outeur van Love, Life, Goethe: How to be Happy in an Imperfect World) die volgende: "The friendship-model of investigation reminds us of something quite strange in the modern tradition of biography: when we know another person, when we are friends with them, there are often large blank spaces in their history, as far as we are concerned. We may have only a sketchy - and probably one-sided - grasp of what occurred over substantial stretches of that person's life. And yet our encounter with them is not puzzling or missing something. As we grow into a friendship, aspects of how the other person thinks and acts become part of the fabric of our life - a part of how we see things, what we regard as possible, desirable, interesting and worthwhile." (p. 19 - 20)
So het Armstrong die onderwerp van sy biografie, Johann Wolfgang von Goethe (terloops ook 'n ewe veelsydige Duitse skrywer en digter) as 'n denkbeeldige vriend benader en leer ken. 'n Vriendskap wat sy eie denke beïnvloed het en hy graag met sy lesers deel. So het Eugène Marais deur, ondere andere, sy liefde vir die natuur, sy strewe na kennis my as onwaarskynlike 'denkbeeldige vriend' geraak.
'n Gediggie volg weldra:
Winternag
O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.
O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleik dit
tot ryp in die kou!

0 Comments:
Post a Comment
<< Home