die dood van ‘n digter
in ‘n kamer in nagoya
in ‘n besonders raserige wyk
(waar hy jare lank engels onderrig het)
het ‘n onbekende afrikaanse digter
(onverwags)
in ‘n laatnag-oomblik
van sombere stilte
in die arms van ‘n onsen geisja beswyk
soos die ink in sy ongeskrewe outobiografie
het hy na ‘n verloop van veertig jaar
eenvoudig (uit sy menswees) verdamp …
ek het onsigbaar geword!
so het hy op die vooraand van sy laaste reis
- ten aanskoue van ‘n paar muskiete op sy badkamerspieël –
gejuig!
Eureka
?
dalk het hy nooit vantevore ‘n gedig neergepen het nie
tot vandag toe is sy gedigte onopspoorbaar
aan ‘n tydlose gehoor getuig
daarvan kan die stom sterre oor die stille oseaan
maar die digwerk in sy kop was altyd daar
naskrif
0 Comments:
Post a Comment
<< Home